LPM-parlementslid sê deeltydse personeel van die Kollege van die Kunste is betaal

Die politikus en parlementslid van die Landless People’s Movement, Utaara Mootu, het op Twitter aangekondig hoe bly sy was om te verneem dat die deeltydse personeel van die Kollege vir die Kunste wat vir ‘n aantal maande nie betaal is nie, uiteindelik hul geld ontvang het ná Mootu se ingryping. Die LP het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is ‘n oorwinning van sommige, maar daar is steeds ‘n aantal kwessies, insluitend korrupsie wat ingryping by die Kollege vereis.