Numsa: Regering verdraai term ‘billike energieoordrag’

Die metaalwerkersvakbond Numsa het die regering daarvan beskuldig dat hy die werkersklas in die rug steek met sy Billike Energie-oordragplan. President Cyril Ramaphosa het verlede week die plan onthul op COP27 in Egipte. Dit volg ná ‘n belofte op COP26 in Glasgow verlede jaar, van 1,5 duisend miljard Suid-Afrikaanse rand om Suid-Afrika by te staan in sy poging om die ekonomie te verbeter deur koolstofvrystellings te verminder. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra die regering om op te hou om die term “billike energieoordrag” te verdraai.