Namibiese damme is 74,5% vol

Namibiese damme is tans gesamentlik 74,5 persent vol, volgens NamWater se dambulletin. Suide-damme is gesamentlik 83,6 persent vol, ondanks ‘n verlies van 1,819 miiljoen kubieke meter water uit die Neckartaldam en 1,023 miljoen kubieke meter water vir besproeiing uit die Hardapdam. Sentrale damme is tans 46,9 persent vol teenoor verlede jaar se 66,8 persent dieselfde tydperk met die Von Bachdam se vlak op 37,9 persent. Daar is 1,069 miljoen kubieke meter water in ‘n week uit die damme onttrek. Gobabis se damme is gesamentlik slegs 16,3 persent vol teenoor verlede jaar se 30,3 persent. Intussen in die buurland is agt sluise van die Vaaldam oopgemaak.