Numsa is vies vir Gordhan, sê hy mors met openbare ondernemings

Die Suid-Afrikaanse metaalwerkersvakbond, Numsa, sê die ondernemings in staatsbesit het ineengestort onder die leierskap van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan. Die vakbond het buite die Departement van Openbare Ondernemings betoog oor Denel se werkers wat nie betaal is nie. Volgens die woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, word die werknemers reeds vir drie maande nie betaal nie. Majola sê Gordhan het die departement en sy werkers in die steek gelaat: