Ouditeur-generaal spreek hom sterk uit geen NSFAF se boeke

Die ouditeur-generaal se kantoor het sy teleurstelling uitgespreek in die 2020-2021 finansiële state van die Namibiese studente hulpfonds. Junias Kandjeke het in sy ouditverslag ‘n negatiewe ouditmening oor NSFAF uitgereik en sê die fonds het versuim om ‘n ware en regverdige weerspieëling van sy finansiële posisie vir die betrokke boekjaar te gee. Hy sê die fonds het nie eens ‘n toepaslike interne basis vir die voorbereiding van sy state nie. Daar is bevind dat NSFAF sowat 9,6 miljoen Namibiese dollar, wat hy gebruik het om toestelle in daardie jaar aan te koop, sonder enige besluit van die direksie, af te skryf. Die fonds het verder twee salarisse gelyktydig betaal vir die pos van hoof uitvoerende beampte omdat een geskors was en een opgetree het. Daar is nagenoeg 148 miljoen Namibiese dollar aan verskeie universiteite oorbetaal sonder enige dokumentasie met 14 studente wat met 5 000 dollar oorbetaal is.