Malawi se mielie-oes is af met amper 20%

Malawi se mielieproduksie het in die 2021-2022-boekjaar met 18,9 persent gedaal weens ’n kombinasie van faktore soos droogte, tropiese siklone en onvoldoende voorsiening van gesubsidieerde kunsmis. Produksie het tot 3,7 miljoen metrieke ton gedaal vanaf 4,6 miljoen metrieke ton. Die meeste gebiede, veral in die suide van Malawi, het laat reën ervaar wat tot langdurige droë tye gelei het en diegene wat wel aangeplant het, het deurgeloop onder siklone Ana en Gombe. Daar is kommer dat die tekort aan die stapelgraan die land se algehele voedselsekerheid kan beïnvloed, maar daar is a toename in die produksie van sommige gewasse soos grondbone, sesam en sojabone.