NTTU oorweeg volgende stakingsdatum

Die Namibiese Vervoer- en Taxi-unie sê hy oorweeg tans ‘n nuwe datum vir sy staking wat op 26 Julie sou plaasvind. Die vakbondbaas Werner Januarie sê hy het nog geen antwoord van die regering ontvang op sy beroep dat fooie van 13 tot 18 dollar verhoog moet word nie. Die vorige protesaksie het nie plaasgevind nie omdat die polisie betaling vir begeleiding geëis het en Januarie het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is aspris gesaboteer. Intussen sê die Namibiese Bus en Taxi-vereniging Nabta, hy sal weer ‘n aansoek vir ‘n verhoging van fooie van 13 tot 15 dollar by die ministerie van werke en vervoer indien.