Swakopmund herdenk 130 jaar – sy lyk nog mooi nê?

Namibië se verruklike kusbestemming Swakopmund is vandag 130 jaar oud. Die dorp is gestig in 1892 en die naam kom van die Nama woord Tsoakhaub wat eintlik ontlasting-opening beteken. En van waar die naam? Al die takke, karkasse en meer wat saam met die rivier uit die binneland aangekom het. Nietemin, daar is min Namibiërs wat nie ‘n sagte plekkie vir Swakop het nie. Die dorp se verjaardag word oor die volgende drie dae herdenk soos Oliver Ahrens van Destination Swakopmund verduidelik.