Nog uraanmyne is op pad – Malango

Die Namibiese Kamer van Mynwese sê dit is verblydend dat miljoene in die uraanbedryf ingepomp gaan word. Die hervatting van bedrywighede by die Langer Heinrich-myn het gestyg van 1,44 miljard Namibiese dollar tot 1,96 miljard dollar as gevolg van die heersende uitdagings met voorsieningskettings en pryse van sekere kommoditeite wêreldwyd. Volgens Johan Roux, besturende direkteur by die myn, verloop die proses om bedrywighede te hervat, egter goed. Veston Malango, die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, sê aan Kosmos 94.1 Nuus, ander uraan-projekte gaan ook in Namibië gevestig word.