NSFAF sê studente lieg oor ouers se inkomste

Die Namibiese studente hulpfonds, NSFAF, sê voornemende studente lieg oor hulle ouers se inkomste om lenings by die fonds te bekom. Die fonds het die aankondiging gemaak na hy bevestig het dat meer as 6 600 studente se aansoeke verwerp is. Die waarnemende uitvoerende hoof van die fonds Kennedy Kandume sê dit is die eerste jaar wat hulle ouers se inkomste verifieer met die ministerie van finansies en dus het ongeveer 1 200 studente nie lenings ontvang nie. Kandume sê as ouers jaarliks meer as 500 000 dollar verdien, kwalifiseer ‘n voornemende student nie vir ‘n lening nie, behalwe as daar meer as twee kinders in die huishouding is. Hy sal alle studente wat nie suksesvol was nie, is met redes vir die besluit, voorsien.