Sasscal hou Afrika-slypskool in Windhoek

Die Suider-Afrikaanse Wetenskapdienssentrum vir Klimaatsverandering en Grondbestuur, Sasscal, gaan in samewerking met die Raad vir Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsing ‘n Afrika-streek slypskool vanaf 27 tot 29 September in Windhoek aanbied. Die Globale Monitering vir die Omgewing en Sekuriteit en die Afrika Inisiatief is ‘n samewerkingsprogram tussen Afrika en Europa met die fokus op Aarde Observasie-stelsels. Dr. Jane Olwoch, Sasscal se uitvoerende direkteur, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.