Klimaatverbintenisse deur VSA, China is bemoedigend

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, sê hy is bemoedig deur die belangrike verbintenisse wat twee van die wêreld se grootste ekonomieë, Amerika en China, ten opsigte van klimaatsoptrede gemaak het. President Joe Biden het tydens die openingsdag van die 76ste sessie van die VN se Algemene Vergadering in New York ‘n verbintenis gegee tot ‘n aansienlike verhoging van Amerika se internasionale klimaatsfinansies. President Xi Jinping het gesê China sal finansiering aan alle buitelandse steenkool-aanlegte stop en die fondse herlei na groen en lae koolstof-energie. Guterres sê hierdie verbintenisse word verwelkom.