NSA: Namibië voer rys van gemiddeld N$22,1 miljoen in

Rys is die kommoditeit van die maand volgens die Namibiese Statistieke-agentskap se Handelsbulletin vir September. Vir die maand September 2022 het Namibië geen rys uitgevoer nie, terwyl rys ter waarde van 20,1 miljoen Namibiese dollar uit meestal Suid-Afrika en Indië ingevoer is. Vir die tydperk September 2021 tot September 2022, was die invoerwaarde van rys gemiddeld op 22,1 miljoen dollar met die grootste waarde van 54,2 miljoen dollar aangeteken in Februarie 2022 en die laagste waarde van 12,9 miljoen aangeteken in Maart 2022.