Swakopmund maan oor skietwerke volgende week

Die Swakopmundse munisipaliteit maan inwoners en die publiek van hul beplande skietwerke wat tussen 7 en 9 November by uitbreiding 31 in die DRC-gebied sal plaasvind. Die skietwerke word uitgevoer vir die voorsiening van elektriese infrastruktuur vir uitbreiding 31. Swakopmundse munisipaliteit se ingenieur vir projekte, Dinina Hamupembe, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.