Novak is gereed vir Monte Carlo

Die wêreld se nommer-een, Novak Djokovic, sê hy is honderd-persent gemotiveerd en gereed om weer teen die wêreld se beste spelers kragte te meet. Hy speel in slegs sy tweede ATP-geleentheid dié seisoen wanneer hy vandeesweek aan die Monte Carlo-meesterstoernooi deelneem. Djokovic sal sy kleibaan-stryd teen die Spanjaard Alejandro Davidovich Fokina begin. Hy sê hy weet hy sal nie sy beste spel lewer nie en hy besef ‘n paar wedstryde sal nodig wees om weer na wense mededingend op die baan te wees: