Steenkoolvoorrade wil nie verkoop nie

Banke wêreldwyd het onderneem om groen te word, maar sukkel om van steenkool ontslae te raak. Daar is min verband tussen die groen retoriek van die grootste finansiële instellings, hulle klimaatsbeloftes en hulle finansieringspraktyke. Dit is die mening van Sierra-klub se Fossil-Free Finance-veldtogbestuurder, Ben Cushing. Citi, JPMorgan Chase, Bank of America en Wells Fargo het almal hulle finansiering vir die 30 voorste steenkoolmaatskappye tussen 2016 en verlede jaar verhoog. Steenkool is die vuilste energiebron wat die meeste koolstof vrystel.