Khan sal NamPower baie help

Die beplande 20 Megawatt Khan-sonkrag-aanleg van NamPower-Anirep teen ’n koste van 300 miljoen Namibiese dollar op Usakos, sal ’n aansienlike bydrae tot die verwesenliking van NamPower se verhoogde opwekkings-kapasiteit en die teiken van selfvoorsiening van 80 persent teen 2023 lewer. Dr. Leake Hangala, voormalige NamPower-hoof, sê enige belegging in hernubare energie word verwelkom.