Iemand sal King Tee Dee moet rondry

Die Namibiese kwaito-sanger King Tee Dee, voorheen bekend as The Dogg, se rybewys is vir vier maande opgeskort na hy skuldig bevind is aan dronkbestuur in die Ondangwa-landdroshof. Hy is ook ‘n boete van 6 000 Namibiese dollar opgelê. Die landdros Nelao ya France het melding gemaak van die feit dat daar geen ongeluk tydens die dronkbestuur plaasgevind het nie maar, meen dat die tipe gevalle te algemeen is in die noordelike dorp.