Trae ekonomie, streng banke laat sakesektor struikel

Volgens ‘n Simonis Storm-verslag was daar gemengde neigings in korporatiewe skuldinstrumente in die eerste kwartaal van 2024. Verbandlenings het afnames van 4 persent aangeteken, wat ‘n versigtige benadering tot lenings wys te midde van ekonomiese onsekerhede en strenger leningsvoorwaardes. Die groei van klein ondernemings maak egter staat op meer toegeeflike leningsvoorwaardes, wat weer ‘n positiewe impak op die ekonomie kan hê. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, wat sê banke en relevante instellings moet bydra tot werkskepping deur meer volhoubare uitleenvoorwaardes.