Aktiviste bevraagteken vertraging in bekragtiging van begroting

Hoewel die begroting reeds deur die Nasionale Vergadering goedgekeur is, wag pensioenarisse en kwesbare kinders steeds vir hul verhoogde toelaes om in werking tree. President Nangolo Mbumba moet die dokument bekragtig voor die verhogings kan intree. Die begroting is reeds in Februarie ter tafel gelê maar die kwesbare lede van ons samelewing wag steeds, terwyl die president oral rond reis. Reaksie is ontvang van die bekende sosiale aktivis en nou ‘n onafhanklike presidentskandidaat, Rosa Namises, wat wil weet hoekom daar ‘n vertraging is.