Swapo het nie geld vir kongres nie

Plaaslike media berig dat Swapo nie geld het vir ‘n buitengewone kongres nie. The Namibian sê hy het interne party-dokumente onder die oë gehad. Daar is blykbaar miljoene in 2023 bestee vir partybyeenkomste om Netumbo Nandi-Ndaitwah as presidensiële kandidaat bekend te stel. Die nuus kom na sommige partylede Swapo hof toe wil sleep om die kongres te hou na die afsterwe van Hage Geingob op 4 Februarie. Die party het tans geen president nie. Terwyl Swapo sê daar is geen bepaling dat hy ‘n kongres moet hou nie, sê die lede hulle sal hulle aan die hof wend.