Noord-Korea herdenk dood van Kin Jong-il

Noord-Korea gedenk vandag die dood van sy leier, Kim Jong-il, tien jaar gelede. ‘n Gedenkdiens, bygewoon deur duisende mense, waaronder sy seun Kim Jong Un, is op staatstelevisie gebeeldsaai. Kim Jong-il het Noord-Korea 17 jaar lank regeer, tot sy dood in Desember 2011, waarna sy mag na sy seun oorgegee is. Drie generasies van die Kim-familie het die land sedert 1948 regeer. Noord-Koreane word van geboorte af geleer om Kim-il Sung en Kim Jong-il te eer, en alle volwassenes dra ‘n kenteken van een of albei die leiers.