Aussie-regering verwerp petroleumprojek

Australië se federale regering het die omstrede petroleum-ontginningspermit, bekend as PEP11, se aansoek verwerp om voort te gaan om in die see tussen Newcastle en Wollongong vir gas en olie te boor. Die eerste minister Scott Morrison sê die regering verwerp die aansoek weens wydverspreide teenkanting uit die gemeenskap, ‘n gebrek aan finansiële ondersteuning vir die program en ‘n gebrek aan goeie redes waarom die permit verleng moet word. Hy sê gas is ‘n belangrike deel van Australië se huidige en toekomstige energiemengsel, maar dis nie die regte projek vir hierdie gemeenskappe en die ongerepte strande en water nie.