Nood onder vloedslagoffers in Gauteng groot

Gauteng se departement van menslike nedersettings sê hy is bewus van die nood van die vloedslagoffers in Mamelodi in Tshwane. Die mense word in tydelike skuilings gehuisves wat die Stad Tshwane voorsien het. Die departement en die metro het reeds ’n plan vir hul huisvesting en bly daartoe verbind om mense in verskeie informele nedersettings in die provinsie te hervestig. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hulle sal inwoners teen volgende maand oor die jongste stand van sake inlig.