Nanso: Genoeg van onderwyskonferensies en slypskole

Die Namibië Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het vandag ‘n mediakonferensie in die hoofstad gehou oor hul standpunt oor die onlangse teleurstellende eksamenuitslae. Lucia Ndishishi, Nanso se president, sê daar was genoeg onderwyskonferensies, werkswinkels en slypskole. Wat nou nodig is, is ‘n sterk komitee wat die rigting van onderwys in dieland sal bepaal.