Burkino Faso las ondersoek na 28 sterftes

Die regering van Burkina Faso sê hulle het ‘n ondersoek gelas na die dood van 28 mense wie se liggame  die noordweste van die land gevind is. Bespiegelings is besig om toe te neem oor wie moontlik vir die groep se dood verantwoordelik was. Aanvalle op veiligheidsmagte en inwoners het die afgelope paar maande toegeneem, veral in die noorde en ooste by die land se oostelike grens met Mali en Niger, waar voortdurende aanvalle deur gewapende rebelle-groepe voorkom. Burkina Faso het ‘n inwonertal van 21 miljoen en is ondanks sy groot goudneerslae een van die armste lande ter wêreld.