Nóg vroue in Namibiese polisievleuel bevorder

Die Namibiese polisiehoof, inspekteur-generaal Sebastian Ndeitunga, het nog twee vroulike vlieëniers in die Namibiese polisie se lugvleueldirektoraat bevorder. Geogrette Mieze is na adjunk-kommissaris bevorder as die hoof van lugvaart, bystanddienste en die lugbemanning-opleidingsafdeling. Hoofinspekteur Ndiwaana Lukas is nou die hoof van bystanddiens.