Nog teenstand teen Eskom se 20,5% verhoging

Die Suider-Afrikaanse Geloofsgemeenskappe se Omgewingsinstituut glo Eskom se jongste versoek vir ‘n 20,5 persent tariefverhoging vir elektrisiteit is onregverdig. Dit kom nadat elektrisiteit die afgelope twee jaar duurder geword het. Die instituut se uitvoerende direkteur, Francesca de Gasparis, sê dit is ontmoedigend dat die ongekende hoër koste van elektrisiteit veral kwesbare gemeenskappe sal pootjie in hul pogings om ‘n beter lewe vir hulself en hul gemeenskap te skep: