Hardap se sluise dalk vanaand oop

Die Hardapdam se sluise kan moontlik vanaand vanaf tien-uur oopgetrek word. Dit volg na ‘n plaasdam op die Packriem-rivier gebreek het. Die Mariental-munisipaliteit sê die dam verteenwoordig alleenlik 0,5 persent van Hardapdam se volume maar, die invloei na die dam het skerp toegeneem. Vanoggend om half-nege was die invloei reeds op amper 700 kubieke meter per sekonde en die dam het reeds daardie tyd op 61,7 persent van kapasiteit gehad. Die dam se sluise moet op 70 persent of net meer getrek word na die verwoestende vloede in Februarie 2006. Sedertdien, is verskeie moniteringstelsels opgerig om invloei te meet en fyn dop te hou.