Zambezi-skietery: Soldate is ‘onskuldig’

Landdros Taboka Mopipi het in die Kasane-landdroshof in Botswana beslis dat die Botswana-weermag nie verantwoordelik is vir die skietdood van die drie Namibiese Nchindo-boers en hul Zambiese neef in November 2020. Die bevinding is geen verrassing vir die Namibian Lives Matter-beweging nie en daar is vroeër gesê dat dit voorkom asof die weermag, nes in Namibië, bo die wet verhewe is.