Nog ‘n vakbond dreig optrede

Spanning tussen vakbonde en besighede blyk om toe te neem. Die Namibian Revolutionary Transport Union, bekend as Naretu, sê hy sal verskeie stappe neem teen vervoer- en logistieke maatskappye wat aanhou om arbeidswette te oortree. Hy voeg by dat talle van die maatskappy nie die vakbond erken nie. Die sekretaris-generaal van Naretu, Petersen Kambinda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.