Ou ‘n stukkie grond vir die grondloses

Die ANC in die buurland vra boere om van hulle ongebruikte grond te skenk om grondhervorming en herverdeling ‘n hupstoot te gee. Die versoek kom terwyl die regerende party voorberei vir sy nasionale konferensie later die jaar. Die party het nie daarin geslaag om afdeling 25 van die Grondwet op grondhervorming sonder vergoeding gewysig te kry nie. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee-lid Ronald Lamola sê die party sal nie gestuit word in sy planne vir onteiening nie. Lamola voeg by ‘n grondhervorming- en landbou-ontwikkelingsagentskap is ingestel om grondskenkings te fasiliteer: