Covid: Nam-mediese fondse betaal miljarde uit

Plaaslike berigte lui dat mediese fondse eise ter waarde van 2,35 miljard Namibiese dollar in die tweede en derde kwartale van verlede jaar uitbetaal het. Dit is 28 persent meer as die 1,83 miljard dollar was in dieselfde periode van 2020 uitbetaal is. In verband met Covid in 1,7 miljard se eise uitbetaal, ongeveer 31 persent meer as in 2020. Volgens Namfisa het mediese fondse verliese van 141,1 miljoen dollar in die tweede kwartaal van 2021 aangeteken, met 78,5 miljoen dollar in die derde kwartaal. Dit is teenoor surplusse van 206,4 miljoen dollar en 72,6 miljoen dollar in dieselfde periode in 2020. Tot en met 24 Maart vanjaar is net minder as 980 000 Covid toetse uitgevoer teen ‘n koste van 832 miljoen dollar.