Biden moet Tyre se dood gebruik om George Floyd-wetgewing deur te stoot

Amerikaanse President Joe Biden is aangeraai om Tyre Nichols se dood te gebruik om ondersteuning te werf vir die George Floyd Wet vir Geregtigheid in Polisiëring. Die 29-jarige Nichols is in die hospitaal dood nadat hy na bewering vroeër die maand in Memphis deur vyf polisielede voorgekeer en aangerand is. Die wet is in 2021 aanvaar in die Huis van Verteenwoordigers, wat destyds deur Demokrate beheer is, maar is deur die opposisie in die Senaat gestuit. Die prokureur wat Nichols se familie verteenwoordig, Ben Crump, sê polisiehervorming is dringend nodig: