Nóg ‘n taverne-tragedie in SA toe 14 in Soweto doodgeskiet is

Veertien mense is vanoggend in die vroeë oggendure by die Nomzamo Park-taverne in Soweto, Johannesburg, doodgeskiet, het die polisie bevestig. Die 14de slagoffer is in die hospitaal oorlede. Nege mense is tans in die hospitaal weens veelvuldige beserings wat hulle opgedoen het. Brigadier Nonhlanhla Kubeka, bevelvoerder van die Orlando-polisiestasie, het gesê ondersoeke vind steeds op die toneel plaas en meer inligting sal binnekort bekend gemaak word