Oud-president Hifikepunye Pohamba sterk goed aan in Noorde-hospitaal

Kommer heers oor die gesondheid van oud-president Hifikepunye Pohamba nadat hy in ‘n hospitaal in die Noorde opgeneem is. Die voormalige besturende direkteur van Ongwediva MediPark, Dr. Tshali Iithete, het bevestig dat Pohamba in die privaathospitaal opgeneem is nadat hy ‘n geskeduleerde chirurgiese prosedure ondergaan het. Volgens Iithete sterk die 86-jarige staatsman goed aan.