Nog lekker rugby vandag

Rugby: Die Lions het die Verenigde Kampioenskap met ‘n oorwinning van 38-26 oor Zebre in Parma, in Italië begin. Die Suid-Afrikaners het vyf drieë in die eerste 40 minute van die wedstryd gedruk om teen rustyd met 35-0 voor te loop. Zebre het in die tweede helfte sterk teruggeslaan, maar die Lions het nie bes gegee nie. Dertien van hul punte het van Jordan Hendrikse se skopskoen gekom. Die Stormers, die Bulls en die Sharks is vandag in aksie. Die president van die Bulls, Willem Strauss oor vandag se wedstryd.