Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersteun die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Afrikaans by UNISA

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie ondersteun die Konstitusionele Hof se uitspraak oor Afrikaans as ‘n onderrigtaal aan die Universiteit van Suid-Afrika. Die hof het vandeesweek die Appèlhof se uitspraak gesteun dat Unisa se huidige taalbeleid van slegs Engels as onderrigtaal, strydig is met die grondwet. Die MRK sê die universiteit voldoen sedert hy Afrikaans as onderrigtaal verwyder het, nie aan grondwetlike vereistes nie. Voorts bemagtig die uitspraak Afrikaanssprekendes wat gemarginaliseer is en toegang tot hoër onderwys verlang.