Nog goedkoop hoender is op pad na SA

Nog goedkoop hoender is op pad na Suid-Afrika. Die Suid-Afrikaanse Vleisinvoerders- en -uitvoerdersvereniging verwelkom die opheffing van teen-stortingsheffings op hoender wat ingevoer word uit Brasilië, Spanje, Pole, Ierland en Denemarke vir 12 maande. Die aankondiging het vandag in die Staatskoerant verskyn. Die hoofbestuurder Paul Matthew sê die besluit is ‘n reuse-oorwinning vir Suid-Afrikaners. Hy sê die regering se stap dui op ingrypende maatreëls om te help om die uitwerking van weghol-inflasie teen te werk. Matthew sê die opskorting van bykomende tariewe is die eerste stap in die regte rigting.