190 jong Wes-Kapenaars voltooi bemagtigingskursus

Die Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagen Allen, sê 190 jongmense wat deel was van die 22 Alpha-kursus by die Chrysalis-akademie in Kaapstad, het gegradueer. Die program is ‘n ontwikkelings- en bemagtigingskursus van drie maande. Die akademie is ‘n onderneming van die provinsiale regering wat in 2000 afgeskop het. Allen sê al die gegradueerdes word verbind met ‘n betaalde loopbaangeleentheid van 12 maande, wat vandag begin.