Vrou van ‘ontvoeringsdrama’ in hospitaal opgeneem

Die Windhoekse stadspolisie sê die video wat op sosiale media versprei word oor ‘n vrou wat na bewering ‘n kind by ‘n Windhoekse laerskool probeer ontvoer word, is nie ‘n geval van ontvoering nie. Windhoekse Stadspolisie se superintendent Celie Kapolo sê aan Kosmos 94.1 Nuus hierdie vrou is sielkundig onstabiel en is aan hulle bekend. Sy is nou in ‘n hospitaal opgeneem.