Nog 10 000 Mandrax-pille in vragmotor gevind

Die polisie het ‘n tweede dwelm-vonds in die vragmotor op Ariamsvlei aangekondig. ‘n 51-jarige Namibiese man is by die grenspos in hegtenis geneem nadat Mandrax-tablette ter waarde van meer as 745 000 Namibiese dollar in sy vragmotor gevind is. Volgens die polisie was 6 186 tablette en 49 halwe tablette gevind. ‘n Verdere soektog het nog 10 000 tablette opgelewer en die waarde van die vonds is tans op net meer as 1,9 miljoen dollar. Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.