Konsultasies vir NDP6 het begin

Die Nasionale Beplanningskommissie het aangekondig hy het begin met die formuleringsproses vir die Sesde Nasionale Ontwikkelingsprogram, NDP6, deur openbare konsultasies dwarsoor al 14 streke en in elk van die 121 kiesafdelings. Die konsultasies word tot 29 Maart gehou. Die publiek word sterk aangemoedig om dit by te woon, om insigte te verkry en bydraes te maak tot die NDP6-formulering en die implikasies daarvan op hul lewens. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus-ekonoom, Robert McGregor, gepraat wat sê die konsultasies sal baie help om genoegsame data te versamel om ‘n geskikte ontwikkelingsprogram te formuleer.