Hou duim vas dat voorspelling vir reën hou

Weerkenner George van der Merwe kyk na wat die weer hierdie week gaan doen. Hy sê Namibië ondergaan tans ‘n kouefront effek wat veroorsaak dat daar koue lug oor die land beweeg. Hy gee die weer-vooruitsigte vir die res van die week en sê beter reën kan van môre af verwag word oor die grootste deel van die land.