Noa se verkragtingsaak hervat in 2023

Dennis Noa, die leerlingdokter wat van verkragting aangekla word, se saak sal volgende jaar op 6 Februarie in die Windhoek-streekshof hervat. Landdros Victor Nyazo het sy 10 000 dollar borg verleng. Volgens die staat het Noa ‘n breinbeseerde manlike pasiënt verkrag tydens diens by die Katutura-staatshospitaal. Hy is op 12 April verlede jaar gearresteer. Noa ontken die aantygings teen hom.