EFF meen Eskom beleef ‘n sabotasie-krisis

Die EFF sê daar is ‘n ernstige sabotasie-krisis by Eskom se operasies, met die doel om elektrisiteitsverspreiding te laat ineenstort. Bewyse van sabotasie het in Mei vanjaar by drie kragstasies na vore gekom. Kabels en ‘n lugpyp is by Tutuka gesny, belangrike koperonderdele is verwyder uit drie eenhede in die hart van Hendrina, en ‘n poging is aangewend om ‘n eenheid by ‘n Matla-kantoor van lyn af te haal. Khanya Ceza van die EFF sê die regering doen nie genoeg om beurtkrag stop te sit nie: