Phala Phala: Nuwe intelligensiehoof moet dringend aandag gee

Die DA sê die nuwe inspekteur-generaal van intelligensie in Suid-Afrika moet vinnig wegspring, en hom toespits op kwessies wat mense die afgelope paar maande aan die praat het. Die Nasionale Vergadering het gister eenparig aanbeveel Imtiaz Fazel moet as die volgende inspekteur-generaal van intelligensie aangestel word. President Cyril Ramaphosa sal nou gevra word om sy aanstelling te bekragtig. Dianne Kohler Barnard van die DA sê Fazel moet dringend aandag gee aan die Phala Phala-kwessie, en die miljoene wat by die Staatsveiligheidagentskap gesteel is, opspoor en terugkry: