Noa: opposie gaan hof toe

Plaaslike media berig dat ses opposisiepartye die hof sal nader in verband met die heraanstelling van Paulus Noa as direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie. Volgens die berigte wil die partye die proses wat gevolg is in die heraanstelling uitdaag omdat hulle meen dit was onwettig. Die leier van die PDM, McHenry Venaani het dit bevestig. Hy sê vyf ander partye sal die PDM bystaan om ‘n interdik aan te vra oor wat hy beskryf as ‘n onreëlmatige prosedure van die Nasionale Vergadering om ‘n buitengewone sessie daar te stel deur die verlenging van ‘n proklamasie.