Vreemde ‘easy wallet’ diefstal in Ongwediva

Die Namibiese polisie sê daar was vyf gevalle van bedrog in Ongwediva aangemeld. Volgens die mag is die nie duidelik of dit dieselfde persoon was nie maar, tussen half-ses in die oggend en een-uur Vrydagmiddag, is daar geld uit vyf verskillende bankrekenings deur middel van ‘n onwettige “easy wallet” transaksie. Die verskillende bedrae as 6 500 dollar, 10 000 dollar, weer 10 000 dollar, 7 600 dollar en 10 294 dollar en 28 sent. Die ondersoek duur voort.