Nog reaksie op Job se rooilynsaak

Pogings om die rooilyn te verwyder bly in die nuus. Die leier van die Affirmative Repositioning-beweging dr. Job Amupanda beskryf die kordonheining as ‘n koloniale instrument en sê dit verteenwoordig apartheid teen die boere in die verre noorde. Hy daag die kwessie uit in die hoërhof en die saak kom die einde van die maand voor. Dr. Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sy reaksie oor pogings om die kordonheining te verwyder so verwoord…